Giffie

R 220.00

Giffie is ‘n lekker buitelug speletjie geskik vir kamp of selfs op die strand. Die doel van die speletjie is om Giffie (giftig) te word. As jy Giffie is kan jy jou ander spelers uitskakel en wen.

Drie Gaatjies (±120 mm in deursnee) word so ±3.5 meter uit mekaar in ‘n reguit lyn op ‘n gelyk stuk kaal grond of die strand gemaak. Elke speler kry vir hom ‘n giffie ysterskyf. Die spelers gooi dan hulle ysterskywe van die een kant van die baan na die ander kant, van die een gat na die volgende gat. Indien dit in die gat land kry die speler nog ‘n beurt totdat hy/sy mis gooi, dan is dit die volgende speler se beurt.

Elke speler word Jack, Koningin, Koning en eers wanneer die speler terug is by die gat waar die spel begin het word die speler Giffie en kan dan sy ander spelers uitskakel.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Giffie”

Your email address will not be published. Required fields are marked *